Oscar – Oscar Pistorius

R70.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:  173
Gepubliseer: 2009 Umuzi
ISBN: 9781415200681

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Op elf maande word beide Oscar Pistorius se bene net onder die knie geamputeer weens ‘n genetiese gebrek. Maar Oscar laat hom nie van stryk bring nie. Oscar is die verhaal van hoe ‘n jong man met die ondersteuning van sy ouers die struikelblokke van die lewe oorkom deur te weier om tou op te gooi. In sy eie woorde vertel Oscar van sy grootwordjare: van boomhuis bou; kaskar ry en rem aanslaan met die kunsbene; van sport en skool en meisies. Dit is ‘n beeld van ‘n seun soos enige ander, want niks sou hom laat glo hy is gestremd nie. In 2004 begin hy aan atletiek deelneem. ‘n Jaar later wen hy twee goue medaljes tydens die Paralimpiese Wêreldkampioenskap. Maar sy wedloop is nog nie voltooi nie. In 2007 neem Oscar deel aan sy eerste internasionale kompetisie vir ongestremde atlete. ‘n Polemiek bars los: gee die kunsledemate Oscar ‘n onregverdige voordeel? Uitgebreide toetse in Duitsland en Amerika volg, en in ‘n verhoor voor die Sporthooggeregshof in Switserland word Oscar gelyk gegee. Hierdie boek volg Oscar Pistorius se verhaal van seuntjie sonder bene tot sportsuperster. Die boek het oorsronklik in Italië verskyn, waar Oscar groot beroemdheid geniet en is deur die bekende radiopersoonlikheid Tossie Lochner vertaal.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans