Description
Curriebeker-wenner, Drienasies wenner, Wêreldbeker-wenner : als beskryf die Os wat die publiek ken en lief is voor. Os is plaaslik en oorsee een van die mees gerespekteerde Springbokke, en het tot dusver reeds 61 keer in die groen-en-goud uitgedraf. Was dit nie vir knaende, ernstige beserings tussen 1999 en 2002 nie, was dié getal veel hoër. Hy word algemeen beskou as een van die wêreld se twee beste loskopstutte van alle tye, ‘n ware rugbylegende.
Hier is sy verhaal. In sy eie woorde. Al die sukses en teleurstelling, al die lief en leed en agter die skerms rugbydrama.






