Oor bokdrolletjies en rosyntjies – Jonathan Jansen

R70.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 246
Gepubliseer: 2011 Bookstorm
ISBN: 9781920434175

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Oor bokdrolletjies en rosyntjies – Jonathan Jansen – Toe Prof. Jonathan Jansen ‘n kind was, het sy ma ‘n spreekwoord gehad wat hom bygebly het: “My kind, bokdrolletjies is nou eenmaal nie rosyntjies, al lyk dit baie dieselfde. Moet nooit die twee deurmekaar kry nie.” Dis dan ook wat hy voortdurend in sy rubrieke doen wat die afgelope jare so gewild geword het in die Afrikaanse koerante: hy skei die kaf en die korrels op ‘n onderhoudende manier. Hy glo nie daaraan om te maak of iets reg is as dit verkeerd is nie. Hy glo nie in toesmeerdery nie. Hy glo daarin om goed reguit te sê, soos dit is. Prof. Jansen het al naam gemaak in die land, en nie alleen weens die Reitz-vier nie. Hy het die slag om die groot vraagstukke van ons land – menswees, ras, politiek, godsdiens, saamleef al is dit moeilik – uit ‘n gewone persoon se oogpunt te bekyk, met ‘n sin vir humor maar ook met deernis. Gevra oor die sukses van sy omstrede rubrieke, se hy: “Man, mens moet altyd minstens die helfte van jou lesers die duiwel in maak – dit moet net nooit dieselfde helfte wees nie.” Dis ’n boek wat mens om die braaiplek, in die klaskamer of op die bus aan die dink en aan die praat sal sit.

Toestand: Goed

Additional information

Taal / Language

Afrikaans

Bladsye / Pages

246

Formaat / Format

Sagteband / Paperback

Outeur / Author

Jonathan Jansen

Jaar gepubliseer / Year published

2010's, 2011

Toestand / Condition

Goed / Good