Net mooi fine – Lanie van Reenen

R90.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 138
Uitgewer: 2019 Penguin
ISBN: 9781776094578

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R600.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.

Description

Iets heerliks gebeur. Dis asof ek nie meer Lanie-op-’n-fiets op ’n mission is nie, maar een word met die natuur om my; of ek nog van altyd af hier was, hier hoort. Asof die lewe nog altyd eenvoudig was. Ek klim af en gaan lê op my rug en kyk deur die herfsblare wat goud aan die bome hang tot by die ysblou lug ver bo. Ek wil iets gee, iets sê…
Net mooi fine  is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle boek C’est la Vie. Hierin beskryf sy wat gebeur het sedert haar hotelprojek in Frankryk gefaal het; hoe sy die nuwe realiteite van haar eie gestroopte lewe te bowe moet kom terwyl sy ook die verwerende château moet probeer red of verkoop.
Op haar pad na heling onderneem Lanie vele avonture: soms alleen per fiets, soos wanneer sy die Camino Portuguese voltooi; maar ook te voet, soos die tog na die berg Everest se basiskamp wat sy ter wille van liefdadigheid onderneem.
In hierdie ontroerende omstandighede ontstaan die vraag: Wat is die somtotaal van verlies? En hoe groot is die wins wat verlies tot gevolg kan hê as jy bewustelik daarmee omgaan, sodat ʼn mens ten slotte kan sê: “Eintlik is alles net mooi fine”?

Additional information

Taal / Language

Afrikaans