‘n Stem vir Suid-Afrika – Ian Raper

R100.00

Toestand: Baie Goed
Formaat: 
Sagteband
Bladsye: 248
Uitgegee: 2007 Litera
ISBN: 9780958462693

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R600.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.

Description

In hierdie outobiografie venel Mimi Coertse haar storie van uitsonderlike talent, deursettingsvermoë, persoonlike pyn en internasionale roem. ‘n Mens lees van ‘n kleuter wat “die beste ‘singer’ in die wereld” wil word; van ‘n skooldogter wat ‘n sopraan-rol ontsê word omdat sy “te moeilik” is en van ‘n groentjie wat ‘n kontrak met die Weense Staatsopera lossing en die Europese musiekstad totaal oorrompel.

Mimi se prestasies word algaande ‘n stem vir Suid-Afrika. Ook in die donkerste tye van isolasie sing sy van en vir haar land, oor grense heen. Na haar terugkeer uit die koue word Mimi ma en beywer haar vir begrip tussen verskillende bevolkingsgroepe. Sy soek en versorg plaaslike sangtalent en stel verbysterde gehore voor aan kunstenaars wat hul stemme in ‘n nuwe Suid-Afrika gevind het.

‘n Stem vir Suid-Afrika is die lewensverhaal van ‘n begaafde vrou wat al haar liefde en verdriet in haar droom en haar taak werp. Dis ‘n storie van ‘n lewe met net soveel drama, ironie en patos as die rolle wat Mimi Coertse vertolk het. Dis ‘n stem wat bly resoneer lank nadat die diva die verhoog verlaat het.

“Die boek het my baie beindruk — dis ‘n treffer”. Prof. Jaap Steyn, bekende biograaf

 

Additional information

Taal / Language

Afrikaans