Description
Vrolikheid, en die blye, geesdriftige aanvaarding van al die goeie dinge wat die lewe bied: dit is die oorheersende toonaard in die essays van Audrey Blignault.” So skryf Elize Botha in Afrikaanse Essayiste (H&R 1965). Dieselfde positiewe lewensbeskouing straal uit Audrey Blignault se briewe, selfs wanneer die diepste beproewing haar tref.
“Audrey was ‘n egte Overberger — fyn ên ruig, platpoot ên ekstaties. Haar soort briewe gaan terug tot by die oudste tydings wat ons van onsself het, tot in die klassieke toe terug en by ons verby in die toekoms in. ‘n Uitbundige lewe, iets grensloos medemens-liks, en tot alles bereid.”
— Petra Muller
“As Langenhoven die Afrikaner leer lees het, het Audrey Blignault gesorg dat hy aan die lees bly.”
— Hennie Aucamp






