Description
Ek’s g’n Slams is op die oog af die gewone verhaal van ‘n gewone vrou: haar kinderjare, haar huwelik, haar worsteling met die geloofsgemeenskap en kultuur waarin sy grootgeword het en haar stryd met akute depressie, maar in die hande van Fatima Dawood en deur haar uitsonderlike gebruik van Afrikaans soos die taal gepraat word van Distrik Ses tot by die evangeliese Christene in Oudtshoorn, word dit ‘n unieke boek.






