Description
Die afdraand van die dag is kil – Alba Bouwer Die ouderdom kom met baie mankemente. Dit ervaar die susters Marie en Bettie in pynlike maar ook snaakse besonderhede wanneer hulle in Huis Lourens gaan woon en die inwoners van dié oord leer ken.
Die afdraand van die dag is kil is Alba Bouwer se eerste roman vir volwassenes. Dit is ‘n menslike, snaakse, hartseer boek; vol drome, ontnugterings, versugtinge en openbarings. ‘n Boek wat die mens se verganklikheid en sy aftakeling tot die onverwoesbare kern van sy menswees so uitbeeld dat dit die leser met nuwe eerbied vir die lewe laat.
Hierdie eksemplaar is in ‘n baie goeie toestand met ‘n boodskap voorin.







