Description
My Mense – Koos van der Merwe: Hoogtepunte uit die foto-joernalistiek
Ontmoet Koos van der Merwe. Hy het sy pad tydens die Groot Depressie in die klipperige Agterveld begin. Sy kinderdae het tussen Hoedjes Siding en Tontelboschkolk afgespeel. Hier het hy bokke opgepas en donkies in die kriedoring-leegtes gesoek.
Sy vroeë skooljare was kort. Die plaasskole by Bruynskop en Brassefontein het hul deure permanent gesluit net nadat hy daar weg is. Koos se ware opvoeding het egter by die kampvuur gelê. Legendes soos Dirk Ligter, Jan Thomas en die berugte Daisy de Melcker het sy verbeelding gevorm.
Koos het vroeg geleer dat ‘n mens ‘n bestaan uit stories kan maak. As gesoute koerantman het hy die wêreld platgereis. Hy het beroemdes, skurke en staatsmanne van naby leer ken. Vir meer as twintig jaar betaal sy pen nou al die rekeninge. Hierdie boek is die resultaat van ‘n lewe vol fabelagtige avonture. Dit is ‘n móét vir liefhebbers van opregte Suid-Afrikaanse vertellings.










