Description
Gary Chapman, outeur van die New York Times-topverkoper The 5 Love Languages span kragte saam met dr. Shannon Warden ? professor in berading, vrou en ma van drie ? om jong ouers voor te berei vir die avontuur van kinders grootmaak. In Is jy gereed vir die avontuur van ouerskap? deel hulle wat hulle wens hulle geweet het voor hulle kinders gehad het, soos: kinders be?nvloed jou tyd, jou geld en jou huwelik ? en dit is net die begin. Met ?n tikkie humor gee hulle praktiese raad vir alles van potjielesse tot skedules, om vir jou kind jammer te se en hoe om jou huwelik sterk te hou ? en dit alles terwyl jy die groot vreugde van kinders grootmaak vier.








