Description
Die reis na aanvaarding.
Soms tref die dood van ’n geliefde ons heeltemal onverwags.
As dood lewe word is die ware verhaal van ’n gesin se pyn, hartseer en vrede ná die afsterwe van hulle geliefde Ouboet, soos geskryf vanuit die oogpunt van die ma, bekende skrywer Helene de Kock. Dit is die verhaal wat die ongenaakbare waarheid vertel van die finale afskeid, die harde werklikheid en die aanvaarding wanneer ’n geliefde sterf.
Stap die pad saam met Helene in die tydperk net voor en ná haar seun se dood, en hoe die gesin mekaar ondersteun het en deur ander ondersteun is. En dan bo alles: hoe hulle aanvaar het dat ’n almagtige God dit so beskik het en dat hulle sy beloftes kan vertrou.
As dood lewe word bied bemoediging vir elkeen wat ’n geliefde aan die dood moes afstaan.









