Description
Gary glo dat paartjies mekaar se primêre liefdestaal moet aanleer as hulle effektiewe kommunikeerders van die liefde wil wees. Die boek is deurspek met vertellings van hoe dié huweliksberader se benadering mense se huwelike gered het. Volgens hom het elke mens ‘n liefdestenk en wanneer daar aan daardie mens se inherente emosionele behoeftes voldoen word, bly daardie tenk vol. Volgens hom gaan huwelike tot niet omdat mense nie mekaar se liefdestale praat nie en hul liefdestenks gevolglik mettertyd leeg raak.










