Description
Dit begin in Augustus 1984 in Sebokeng. Dis hier waar die leser Wilhelmina die eerste keer ontmoet – as ‘n skerpsinnig, wys en enigmatiese een-en-tagtigjarige grootouma. Die voortslepende, broeiende politieke onrus bars uit in geweld en chaos. Teen hierdie agtergrond beleef sy weer haar kinderdae en herinneringe. Haar agterkleinkind, Niklaas, wat by haar aan huis woon, sluit aan by die comrades en moet uiteindelik land-uit vlug. Haar eie seun, Daniel, werk lankal in die buiteland omdat omstandighede in die land vir hom eenvoudig te benouend was – net soos die seuns van skares Suid-Afrikaanse ma’s vandag.










