Vuur Op Die Horison – Engela Van Rooyen

R135.00

Toestand:  Nuut
Formaat: 
Sagteband
Bladsye:  930
Uitgegee: 2012 (Tweede uitgawe)
ISBN:9780624056416

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: KA390 Categories: , , Tag:

Description

Engela van Rooyen se lywige, meesleurende intrigeroman Vuur op die Horison is al vergelyk met Gone with the windAnna Karenina en selfs War and Peace.

Die gebeure strek vanaf 1846 tot 1903, met die Anglo-Boereoorlog as spilpunt. Generasies en kontinente word omspan terwyl die leser meegevoer word vanaf Suid-Afrika se goud- en diamantvelde, Victoriaanse Engeland, Matabeleland, Portugal, die eilande van Indië en die barre Argentinië.

Sentraal staan die familie Viljoen van Grootverlangen naby Magaliesberg, asook die familie Dalmain in Engeland. Terwyl Frans Viljoen vanaf die jagveld van Rhodesië terugkeer Transvaal toe om wapen op te neem, bevind ook Michael Dalmain, Young Lord en adellike erfgenaam, hom ter see op pad na die afgeleë suidpunt van Afrika. Albei het ‘n verlede van ingrypende persoonlike intrige. Hulle is bekend met ontnugtering, maar ook met die dryfkrag van vaderlandsliefde en van ‘n onvervulde liefde.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans