Vier begrafnisse en ‘n troue – Pat Stametélos

R80.00

Toestand: Redelik (Naam voorin dood getrek)
Formaat: 
Sagteband
Bladsye: 345
Uitgegee: 2010 Kwela Boeke
ISBN: 9780795703072

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: IH1096 Categories: , , Tag:

Description

’n Tong-in-die-kies roman deur die skrywer van Kroes en Die val van die dice. Dulcie-Anne Douglas is ’n miljoenêr – op skrif. Twee jaar gelede toe haar man oorlede is in ’n treinongeluk, het sy in ’n japtrap vir haar en die kinders ’n smart huis in die woonbuurt van Roxy gekoop. Weg van Gumaville se arm bure en vuil brakke. Maar Gumaville se inwoners wil háár eenvoudig nie los nie. Veral nou ná haar skoonsuster Hanna se begrafnis word haar drumpel skielik deurgetrap. As dit nie haar swaer Sparkie is nie, is dit haar seun Ashwin se onbeholpe gilfriend, Lucretia, of die welaf eiendomsagent Rocky van der Merwe. Kan almal om haar haar nie ’n slag in rus en vrede laat nie? Wat moet die bure dink? Stamatélos skeer die gek met wit, met bruin, met swart. ’n Eg satiriese roman wat ’n mens uit jou maag laat skater, grinnik en kop skud oor die aardigheid van menseverhoudings in ons geliefde land.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans