Verstotelinge – Christiaan Barnard & Siegfried Stander

R80.00

Toestand: Goed (Stofomslag ligter verweer aan die bokant_
Formaat: Hardeband met stofomslag
Uitgegee: 1974 Tafelberg
Bladsye: 357
ISBN: 0624006239

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.
SKU: BR001 Categories: , , Tag:

Description

In 1969 verskyn professor Christiaan Barnard se outobiografie – en dit lees soos ‘n roman, met die fyn situasie-beelding’ die skerp karaktertekening, die menslikheid en die dramatiese verloop van sy verhaal tot op die eerste hartoorplanting wat voorbladnuus was deur die wêreld.

Nou volg die roman VERSTOTELINGE geskryf deur professor Christiaan Barnard en Siegfried Stander. Met soveel insig, ervaring en meelewing is dit geskryf dat dit as volledig waar aandoen. Eerlik, sonder doekies omdraai word die lewe in en om ‘n hospitaal uitgebeeld sodat die leser midde-in hierdie eintlik geslote wêreld met sy drama en sy romantiek staan en saam alles ervaar – in die operasiesaal, in die ongevalle-afdeling tot in die dokters se kantore waar daar dikwels ‘n eie soort drama afspeel.

Deon van der Riet is ‘n jong Afrikaner wat as mediese student en later as hartchirurg te staan kom in ‘n werklik-heid wat totaal vreemd is aan die lewe en standaarde waarmee hy grootgeword het en waarvan hy nou eers met ‘n skok die volle implikasies kan besef. As student en as dokter word hy voor uitdagings gestel wat hom dwing om die lewe anders, nuut te sien as hy getrou wil bly aan sy beroep – en aan sy eie menslikheid.

Want hier gaan dit in eerste instansie om die mens – die mens in sy kleinlikheid, maar ook in sy grootheid, in sy beperkinge, maar ook sy moontlikhede as hy bereid is om te waag en eerlik te wees met homself. Dit gaan hier om werklike deernis met die lotgevalle van hulle – die siekes, die oues, die eensames, die veronregtes.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans