Uit Die Binneland – Dana Snyman

R50.00

Toestand: Redelik (Laminering van voorblad lig op; name voorin geskryf)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 144
Gepubliseer: 2016 Human & Rousseau
ISBN: 9780798144858

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafes met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die “Monnemint” en Boeregrafte, in ‘n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was. Juis op een van hierdie reise het ‘n bakkie se “gers soos ‘n dier in pyn gesterf”. Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies word die kop gewas, so ook sekere rugbyondersteuners, sekere radioluisteraars, sekere openbare figure. Maar Snyman verken ook die ander, pynliker kant van sy land en sy mense: Agnes wat donkermore die skorro-skorro in Mabopane moet haal, Attie wat te vroeg die kroeg se binnekant moet leer ken, die Bosluismense van die Noordwes, die ryke en die arme wat mekaar deur ‘n kamervenster aanstaar. En dis moeilik om te se waar die lag ophou en die traan begin – en andersom.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans