Description
Tersia se Namibdiamant deur Ida Bester is ’n Afrikaanse Romanza-romanse oor liefde, avontuur en onverwagte ontdekkings in Namibië. Tersia droom van ’n man soos haar filmheld Ryan Gosling, maar wanneer sy haar werk verloor en in die omgewing van die spookdorp Kolmanskop begin gidswerk doen, ontmoet sy ’n blonde Duitser wat haar verwagtinge op hul kop keer. Kan hy dalk by diamantsmokkelary betrokke wees?
’n Lekker keuse vir lesers wat romantiese verhale, interessante karakters en ’n Namibiese agtergrond geniet.
Toestand: Baie goed – netjies bewaarde tweedehandse eksemplaar.









