Description
Met Stoffel: die beste stories, bring Human & Rousseau Christiaan Bakkes se beste Afrikaanse verhale byeen in ‘n nuwe bundel. Hier val die klem op Bakkes se “Stoffel”-stories: verhale waarin Bakkes as Stoffel Mathysen figureer, maar wat op ware gebeure gebaseer is. In sy kenmerkende styl verken Bakkes – gesogte wildbewaarder en gerekende safarigids – wildernisse en vlaktes met eerlikheid en ‘n fyn sin vir humor. ‘n Keur uit die skrywer se oeuvre, geskik vir gesoute sowel as nuwe Bakkes-lesers.










