Stiltetyd – Marita Van Der Vyver

R60.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 334
Gepubliseer: 2016 Tafelberg Publishers
ISBN: 9780624044321

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.
SKU: KA458/SA084/MB089/IH0506 Categories: , , Tag:

Description

Die almanak in die kombuis kondig die lente aan, maar al wat Hester Human raaksien, is stof en bourommel. ‘n Dump, verwyt sy Andre, haar argitekman. Dit was sy idee, sy projek vir hulle Jaar in Provence. Die droom het in ‘n nagmerrie ontaard toe haar vyfjarige dogtertjie, Manon, noodlottig gewond is tydens ‘n skietvoorval in Kaapstad – enkele weke voor hulle vertrek na Frankyk. En so sukkel elkeen in die vreemde met sy eie swaarkry – Emile – haar dertienjarige seun – smelt al meer weg in die dik klipmure van die huis, om so min as moontlik moeite vir enigiemand te wees. Die koue Europese winter vra groot aanpassings – om blerrie handskoene soos ‘n meisiekind te dra, om met ‘n paar Franse woorde ‘n internasionale skool in Avignon by te woon. Maar die moeilikste is om met die selfverwyt saam te leef dat hy nie sy sussie beskerm het teen die aanvallers nie. Andre stort al sy energie in die restourasieprojek en sak al dieper weg tussen die sakke sement, vragte vloerteëls, skroewe en spykers en planke en pype. En Hester? Sy word al stiller en meer afwesig. Haar enigste twee gespreksgenote is Manon, haar vyfjarige lieflingkind, wat nog net in haar gedagtes voortleef. En Myriam Soro van die Demokratiese Republiek van Kongo vir wie sy briewe skryf. Van haar het Hester in ‘n Franse koerant gelees. Die foto vertoon ‘n jong gesig, maar swart gate waar haar oe moes wees. Barbaars, het die media dit uitbasuin, dat sy haar twee dogters vermoor het toe sy nie langer vir hulle kon sorg nie. Maar in die gedeelde hartseer vind Hester verligting. Dink aan Myriam, se sy vir haarself. Dink aan Myriam Soro en tel jou seeninge. Jy sit miskien in ‘n hool van ‘n huis, slaap op die vloer en stik aan stof as jy koffie drink. Maar jy kan hier uitloop as jy wil. G’n tralies om jou te keer nie.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans