Soekmekaar – Dana Snyman

R85.00

Toestand: Baie goed
Formaat: 
Sagteband
Bladsye: 238
Uitgegee: 2020 Eerste uitgawe Tafelberg
ISBN: 9780624088660

Out of stock

Description

Soekmekaar is ‘n stuk of vyftig stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot ‘n veertigste skoolreünie.
Hy vertel van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche en van die Bogosi-gesin van Ventersdorp wat by hom op Jacobsbaai gewoon het.
Hy gesels met Jemina Meko oor Karel Schoeman se laaste dae.
Hy beskryf hoe mense oor grense na mekaar probeer uitreik.
Hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie.
Dana sê: “Ek voel nie meer geborge in my huis op Jacobsbaai nie. Miskien suig ‘n huis se mure en dak jou verdriet en verwildering op nes ‘n spons wat water opsuig. My huis treur saam met my. Oor Anette se weggaan. Oor ou sekerhede wat onsekerhede geword het. My huis soek lig. Ek soek lig. Ek moet die binneland in.”
Menslik, roerend, hartseer én snaaks, soos net Dana Snyman kan.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans