Sirkusboere – Sonja Loots

R85.00

Toestand: Nuut
Formaat: Sagteband
Bladsye: 379
Gepubliseer: 2011 Tafelberg Publishers Ltd
ISBN: 9780624053354

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.
SKU: MB809 Categories: , ,

Description

Dit is ‘n jaar na die Anglo-Boereoorlog, en in die middel van ‘n sirkus-arena in die Amerikaanse hartland staan ‘n man in wat later jare as die tipiese drag van Boerekrygers herken sou word: breerandhoed, onderbaadjie, bandelier, kamaste. Hy het ‘n druipsnor en bokbaardjie, wakker oe en ‘n lang, reguit neusbrug. Hy kondig die vertoning met ‘n paradegrondstem aan: “Ladies and gentleman, the Battle of Paardeberg!” Agter die skerms gee die sirkusbaas die teken en die donderslae van kanonvuur laat die gehoor na hul ore gryp, die arena word gevul met rook, gille en die tap-tap van geweervuur. Die man in die middel van die arena is Ben Viljoen, generaal Ben Viljoen. ‘n Jaar tevore was hy nog een van die Boeremagte se knapste bevelvoerders. Die sirkusbaas agter die skerms is ene Frank Fillis, ‘n impresario van wereldformaat. Sonja Loots se roman is die verhaal van oud-Boerestryders se deelname aan Fillis se sirkus – enersyds die verhaal van mense wat van hul ergste trauma ‘n sirkus gemaak het; andersyds die verhaal van iemand wat weet hoe om die mens se aptyt vir skouspelagtige geweld uit te buit.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans