Description
Sam Adendorff is stomgeslaan toe sy die wildvreemde man in haar hangmat sien le. Hoe op aarde het hy haar afgelee kampplek diep in die bosse van Venda uitgesnuffel? Die enigste oplossing is om so gou moontlik van die mansmens ontslae te raak voor hy te veel vrae oor haar geheime navorsing vra. Maar na alles word die besluit uit haar hande geneem: Tito, haar gids en wyse regterhand, dring daarop aan dat Steve moet bly, tot die Domda-dans verby is. En as sy die sake so bekyk, is dit nog lank voor die oerdans weer gedans word . . .










