Description
Neklis – P. G. du Plessis Dis soos Ouma Baby in een van die verhale sê: ‘n man het net een stringetjie neklis waarmee hy vry, maar daarmee kan hy ver kom, omdat ‘n gewillige vrou so graag glo. So ‘n stringetjie neklis is hierdie boek, waarmee R G. du Plessis sy ding doen — op sy kenmerkende, meevoerende manier.
Met speelse erns sny hy in agter die fasade van alledaagse menswees en openbaar hy iets van die soetheid maar ook die ver-raderlikheid van leef. Soms vertel hy met ligte spot en ironie, byvoorbeeld hoe dit gekom het dat ‘n sekere seuntjie na hom en ‘n windpomp vernoem is: Pieter Climax. Of hoe warmbloedigheid you genoeg met valse heiligheid klaarspeel.
Ander kere is daar ‘n donker toon van versteekte pyn, van verswygde tragedie: Die boer Willem wat gereeld jagveld toe ry om to gaan dood, terwyl die ding van sy vrou by die huis soos ‘n hellevuur in hom brand … Die effektiewe maar onaansienlike juffrou Gous wat na werksure Blossom word … Oumatjie Hendrien wat vir die rol-prentmense moet “doodgaan” en verraai voel Storie na storie word die leser verras en ontroer, kry hy nuwe insig in die broosheid van menslike illusies en die eindigheid van ewige liefde.
Maar daar is ook die oortuiging dat daar ‘n grens is, waar die goeie sy voet neersit, en seerkry en slegtigheid ophou. En daar is genoeg jollie-pille dat jy hierdie boek oplaas met ‘n kan neersit.










