Man op die dak – Henk Crouse

R30.00

Toestand: Uitstekend
Formaat: 
Sagteband
Bladsye: 272
Uitgegee: 2005 Genugtig
ISBN: 9780958460484

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: MA002 Categories: , ,

Description

Chris is suksesvol. Hy, vrou Susan, en kind het alles wat die hart begeer. Op die oog af. Skielik is Chris se veertigste lewensjaar in sig. ‘n Orgie van gebeure volg en bestemming maak sy grimmige grappe. Die mat word behoorlik onder hierdie goedgelowige, sensitiewe man uitgeruk.

Henk Crouse kom met ‘n uiters eerbare debuut vorendag – een wat vloeiend geskryf is, deurgaans boei, onvoorspelbaar bly en met die bonus van ‘n ongewone einde. (rugteks)

“Vrees maak haar wakker. ‘n Nagmerrie dink sy. Haar bene voel taai in die donker. Sy probeer regop kom, maar die donker het ‘n reuk wat oor haar gesig hurk, nat en bedompig. Dit versmoor haar. Sy soek onder die duvet rond. Alles is nat.

Sy vroetel vir die skakelaar en geel lig spoel oor die bed. Sy snak na asem. Dis Leana wat langs haar lê. Die beddegoed is bevlek met bloed. Die kind se arms lê slap langs haar sye met die snye verwytend na bo gedraai. Haar oë is toe en haar borste oortrek met die riffels van ou snymerke.”

Additional information

Taal / Language

Afrikaans