Mal en ander stories – André P. Brink

R80.00

Toestand: Redelik (Naam voorin; bladsye vergeel)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 366
Gepubliseer: 1990 (Derde druk)  Saayman & Weber
ISBN: 9780797100244

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Sedert 1968 het ek ‘n storierubriek in vanslewe se Die Beeld behartig; daarna in Rapport, en naderhand in Wynboer. Uit daardie stawel stories is mettertyd versamel: ‘Die wyn van bowe’, ‘Die klap van die meul’, ‘ ‘n Emmertjie wyn’ en ‘Loopdoppies, terwyl Abraham de Vries ‘n kort keur (met ‘n paar stories daarby) onder die titel ‘Die fees van die malles’ saamgestel het. Die meeste van hierdie versamelings het met verloop van tyd onverkrygbaar geraak en daar is uit soveel oorde voortdurend aangedring op ‘n heruitgawe, dat my uitgewer my oorreed het om die hele klomp in een omnibus bymekaar te gooi. ‘n Handvol van die valeres het ek uitgedun, en ‘n dosyn of at van diés wat nog nie vantevore gebundel is nie, is bygevoeg. Die idee is nie om eenkant in en anderkant uit te lees nie: dis beter om hier te proe en daar te snuffel en tussenin te rus. Ek vra verskoning nòg vir traan nòg vir lag. In ons beroerde tyd moet mens maar enige verskoning aangryp om te grinnik.
– André P. Brink

Additional information

Taal / Language

Afrikaans