Description
Leila se huwelik is verby sy sell-by date. Sy het dit ook nie in haar om bek te hou en onderdanig te wees nie. Die ander saak wat swaar op haar gemoed le, is die selfmoord van ‘n intieme vriend, die beeldhouer Jerome. Om te probeer ontrafel waarom hy dit gedoen het, en wat die verband is tussen sy selfmoordbrief en die beeldegroep wat sy laaste werk was, reis sy na die Suid-Kaap. Hierdie reis lei haar deur Jerome se verwronge jeug – wat hy uiteindelik tog oorwin het – en dit lei ook deur die mitologie en Nieu-Bethesda se Uilhuis. Maar simbole is nie genoeg om mense en hulle komplekse verhoudings te verstaan nie, besef sy. So word haar reis ‘n self ontdekkingstog. In haar verhouding met mense wat deel van Jerome se lewe was, ontdek sy nuwe vriendskappe en verskuilde vyandigheid in bestaandes. Dit lei tot die besef dat dit nie die sterkste mens is wat oorleef nie, maar die wyse en aanpasbare mens. En dit lei veral tot die besef dat lig nie van buite af die hart ingebring kan word niemaar dat die bron van lig in die mens self gesetel is – dat die mens dit self kan ontdek en integreer met die skadu.








