Langverlof – Annemari Coetser

R60.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:  256
Gepubliseer: 2008 Tafelberg Publishers Ltd
ISBN: 9780624046646

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.
SKU: C2307 Categories: , ,

Description

‘n Droomvakansie in Mauritius saam met Johnny Depp … oftewel Hagen van Tonder van Johannesburg. Kari Beyers het uit vyfhonderd aansoekers sy kortlys gehaal en toe die jawoord gekry, en dis koebaai-meraai vir haar blou blikhuisie op Komga, haar werk in die dorpsbiblioteek, haar hond en haar kat. Dat sy ‘n plaasvervanger is vir Hagen se meisie wat hom op die nippertjie gelos het toe hy alreeds die vakansie by die luukse strandhotel bespreek het, kan haar nie skeel nie. Avontuur wink en sy’s nie bang nie. Donker Kari met al haar vrese en fobies los sy net so by die huis. Dis ‘n bietjie moeiliker om by Gottfried verby te kom, die half-Duitse boer met die blou-blou oe. Hartseer oe oor sy vrou wat hom verlaat het na ‘n motorongeluk, en hulle dogtertjie wat saam weg is Duitsland toe. Gottfried kom kuier getrou elke Saterdag by Kari, maar hy’s nie haar kerel nie, hy is … sy weet nie wat hy is nie. Dus: sy gaan saam met ‘n vreemde man Mauritius toe vir ‘n week, wat kan nou so erg daaraan wees?

Additional information

Taal / Language

Afrikaans