Kry Vir Jou – Francois Bloemhof

R120.00

Toestand: Baie Goed
Formaat: 
Sagteband
Bladsye: 324
Uitgegee: 2022 Lapa
ISBN: 9781776351695

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: MG020 Categories: , ,

Description

Tweede maand. Tweede boek. Toets jou speurvernuf. Terug na 1981.

Februarie, warmste maand in die Kaap. Op ‘n wynplaas buite Stellenbosch woed ‘n vernietigende vete tussen die broers Christiaan en Jacobus de Wet. Watter een van hulle (of wie anders) is dit wat die vlamme so aanblaas?

Ludo Labuschagne, die onverskrokke (soms baie verskrokke) held, is net die man om dié tergende raaisel op te los en geregtigheid te laat seëvier. Prikkelende karakters. Verrassende situasies. Gevaar. Humor. Moord …

Sal Ludo betyds uitvind wiedoenit? Of is die eise van sy tweede saak te straf?

“Spannend, onderhoudend en ‘n totale leesplesier. Intelligent geskryf met verrassende wendings in bykans elke paragraaf. Suiwer en ten volle oortuigend. Anders gestel: Die ligte is aan en ál die mense is tuis.” – Louis Esterhuizen

Hierdie tweede boek in Bloemhof se Ludo Labuschagne-reeks speel ook af in 1981, slegs ‘n maand na die gebeure van die vorige boek, Die duiwel maak my hart so seer (2021).