Description
Katriena Nee! – Riana Scheepers bevat agtien uiteenlopende storietemas. Katriena vertel van ‘n soetkysie kraalmis, ‘n double burger en tjips, die arme outjie in bed nommer 4, ‘n baie spesiale dummie!, ‘n double Jeyes Fluid en Jik, ‘n bondel skottelgoed in die oond en nog meer. Katriena se deernis met mense en hulle doene en late skemer telkens deur, net soos haar liefde vir Mevrou en haar seunskinners. Katriena, Mevrou en Marinus, van die broekielace-huis oorkant die straat, sorg ook vir elf resepte van hulle gunsteling geregte en lekkernye.










