Hond se Gedagte – Kerneels Breytenbach

R95.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:  352
Gepubliseer: 2019 Human & Rousseau
ISBN: 9780798179294

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Fleur de Villiers is nie ’n kenner van rugby nie. Wanneer haar ou pel Maurice Kumalo haar vra om ’n biografie oor die Springbok-rugbykaptein Katstert Nel te skryf, is sy om die minste te sê teësinnig. Haar voorliefdes in die lewe behels eerder fynere dinge, soos ondersoekende joernalistiek, goeie kos en wyn. Wat op aarde weet sy van rugby, so op die vooraand van die Wêreldbekertoernooi in die jaar 2025?

Daar wag ’n groot verrassing op Fleur. Want in die domein van Jaap Schvantch en sy eggenoot Krystle, aan die hoof van Corpus Christi se kolossale besigheid (deesdae is die kerk en rugby één), is daar ’n klankie in die lug. En Fleur, ervare joernalis wat sy is, kry gou snuf in die neus.

Hond se gedagte is ’n hoogtepunt in Kerneels Breytenbach se oeuvre. Dit is ’n roman wat spreek tot rugbykenner én rugbyleek. Want wat is rugby anders as ’n metafoor vir die lewe – net een span kan wen, en nie almal volg altyd die reëls nie..

Additional information

Taal / Language

Afrikaans