Hande Klap vir Afrika – Pieter Pieterse

R70.00

Toestand: Goed (Name voorin geskryf; bladsye vergeel)
Formaat: Hardeband
Bladsye: 195
Uitgegee: 1996 (Human & Rousseau)
ISBN: 97800798136358

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R600.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.
SKU: MAR264 MAR290 Categories: , , Tag:

Description

Waar die Caprivi buidel maak aan die hoofstroom van die Kwando-rivier, het Pieter Pieterse en sy Ingilsman nou hulle laaste staning gemaak. Die Spookhuis is vasgebou in ‘n grasdak-oopplanhuis met biesiemure, en daarnaas ‘n reusegroentetuin met drupbesproeiing.

‘n Plesierige maar alte gevaarvolle werf is dit. Kwandohond moet sy “landgoed” deel met ‘n woeste likkewaan en ‘n duikerrammetjie wat sy lyf hond hou. En olifante en seekoeie respekteer maar moeilik ‘n mens se woning as diê reg in hulle paadjie uit die rivier gebou is. Met die ander werfbewoners, Shortie en “that woman” en dié se kinders, gaan dit ook nie altyd stemmig nie. Veral nie wanneer “that other woman” haar opwagting maak nie . . .

As lede van die Mafwestam word Pieter en die Ingilsman boonop dikwels opgeroep om te gaan verneem wat die Indoena en sy Raad van Oumanne van sy stamlede met die reguit hare verwag. En as jy ‘n Mafwe is, moet jy maak soos die Mafwes maak: kniel en hande klap vir Afrika!

Moleste met bure en diere, dikkedensies met indoenas en mede-stamlede maak van Hande klap vir Afrika ‘n baldadige leeservaring.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans