Dwarsklap – Piet Matipa

R80.00

Toestand: Soos nuut (geen verweer nie, rugkant is stweig, die ladsye skoon en netjies)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 185
Gepubliseer: 2017 Penguin Books
ISBN: 9781776091102

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan ’n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit ’n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wêreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan Hoërskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan , waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in ’n kinderhuis grootgeword het nie!

Afrikaans het sy lê op ’n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir één ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om ’n ontkleedanser by ’n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is.

’n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans