Die Waterplek Gabriëllië – Carina Stander

R140.00

Toestand:  Uistekend / Soos nuut
Formaat:  Sagteband
Bladsye:  351
Uitgegee: 2024 Protea
ISBN: 9781485313601

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Die Waterplek Gabriëllië – Carina Stander  is die laaste boek in die reeks. Dit volg op Die Bergengel, Die Wonderwese en Die Waterplek: Afrika.

“Al het Eron die vraag nie verwag nie, het hy nie geweifel nie, hy het geweet. Dit was iets wat al ‘n geruime tyd in hom broei. Sedert die dogtertjie Amber in die woestyn gesê het daar is baie Bergengele en Oupa Oerson haar woorde in die woud herhaal het, het die gedagte in hom bly groei: ‘Ek sien Bergengele. Elkeen wat vandag hier sit, het sienkrag. Elkeen het die vermoë om verder en vooruit te kyk tot in die siel en gees van die mens en dier – ja, ook jy, Kornelius. Ons moet Ma terugbring. Ons moet Talia in die oë kyk en self by haar hoor of sy ‘n aandeel in die Veroweraars het. Ons moet die Regiohoofde onder een dak kry en saam ‘n meesterplan beraam vir die pad vorentoe. Een Bergengel alleen gaan die Uitdooftyd nie keer nie.’”

Die moed loop hoog wanneer die twintigjarige Eron Verberger en sy pa, Gibor, saam met ‘n skip terugkerende vlugtelinge vanaf die toevlugshawe in Afrika na hul vaderland, Gabriëllië, vaar. As honderdste Bergengel is Eron ‘n visionêre versetleier en gewilde intellektuele rebel, maar hy word tot die uiterste getoets wanneer dit blyk dat die ou voorspellings oor die Uitdooftyd waar word: Die landsleiers word oorrompel deur iets boosaardiger as hulself, ‘n oeroue mag wat dreig om slawedrywer én slaaf te verslind. Hou Eron se boesemvriendin, Talia, werklik sy ma, Alida, in die Akrotfort gevange, of is dit net samesweringstories? Kan Eron, as ‘n afstammeling uit die bloedlyn van Bergengele én uit die nageslag van die duister Gibborim, die teenoorgesteldes in homself laat saamwerk? Die tyd is ryp vir die Bergengel om sy waaragtige kleure en sienkrag uit te leef.

Toestand:  Uistekend / Soos nuut

rugkant die waterplekagterblad die waterplek

Additional information

Bladsye / Pages

351

Formaat / Format

Sagteband / Paperback

Outeur / Author

Carina Stander

Jaar gepubliseer / Year published

2020's, 2024

Taal / Language

Afrikaans

Toestand / Condition

Baie goed / Very good

Uitgewer / Publisher

Protea-Uitgewers