Die tienduisend dinge – Maria Dermoût (Vertaler: Ena Jansen)

R99.00

Toestand: Soos nuut
Formaat: Sagteband
Bladsye: 255
Uitgewer: 2022 Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313533

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.
SKU: AM135 Categories: , ,

Description

De tienduizend dingen (1955) is Maria Dermoût se beroemdste boek en is in vyftien tale vertaal. Dit is die sintuiglike en kaleidoskopiese verhaal van Felicia, “mevrou van Kleyntjies”, wat woon op ‘n oënskynlik paradyslike Molukse eiland, in ‘n huis aan die binnebaai.
Die titel is ontleen aan ‘n uitspraak van Ts’ên Shên: “Wanneer die ‘tienduisend dinge’ in hulle eenheid gesien is, keer ons terug na die begin en bly waar ons altyd was.” Hieruit blyk Dermoût se Boeddhistiese ingesteldheid: ‘n sprankelende viering van die natuur en die lewe, en tegelyk ‘n gelatenheid oor die verbygaan van tyd.
Die opvallendste tema in Dermoût se werk is verlies: verdriet oor die dood en die afwesigheid van geliefdes, oor geweld en wreedheid, en oor eensaamheid. Verdriet word getemper deur ‘n omvattende liefde vir ‘dinge’: plante, skulpe, korale, golfies wat breek. Én deur berusting en aanvaarding van jou lot.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans