Description
In Kensington Gardens lê ‘n vrou in bloed, ‘n speurder by Scotland Yard drink te veel, ‘n meisie bewe onder Waterloo Bridge.
Hiervan skep Black Edna snags comics.
Intussen sak ‘n vliegtuig soos God se hand deur die wolke bokant Londen. Ratkas Goosen, kwasterig, met ‘n notaboek in sy hand en Bellville in sy bloed, sit daarin.
Hy gaan soek God, maar vind net sy skaduwee. Hy soek homself, maar val by ander spore in.
En hy teken alles kompulsief in sy dagboek op. So skryf Ratkas sy geskiedenis af; skets hy vir hom ‘n nuwe lewe teen die digte mis en reën in.
Maar die lig is min en die sig swak in die winterse Londen, die stad van stil verlorenes.
Jaco Fouché skryf al so lank as wat hy kan onthou. Die Ryk van die rawe is sy debuutroman.






