Description
Adam Rossouw, suksesvolle sakeman, deel van Kaapstad se sosiale elite en Petronel Cilliers, ’n onopvallende sanger in ’n grot van ’n kroeg iewers op die Kaapse suidkus is pole van mekaar verwyder, maar ná ’n nag van passie is hulle onherroeplik aan mekaar verbind.
Daar is egter meer as net dié aanvanklike verskille wat oorbrug moet word – ’n wantrouige skoonfamilie, twee onmoontlike tieners, ’n giftige eksmeisie, en veral die bagasie van die verlede.
Gaan die houe wat die lewe uitgedeel het hulle in die jaar wat hulle saam is heeltemal uitmekaar dryf, of kan hulle juis in mekaar die maat vind wat hulle volledig mens sal maak?
Foto’s geneem deur Karin’s Treasures.












