Die Koning se Wingerd – F. A. Venter

R50.00

Toestand: Redelik
Formaat: Hardeband sonder stofomslag
Bladsye: 294
Uitgewer: 1984 Tafelberg-Uitgewers
ISBN: 0624020924

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.
SKU: AT102 Categories: , , Tag:

Description

Die mens se spel met die mens bly deur die eeue dieselfde. Dié waarheid word op verrassende wyse in hierdie roman blootgelê, in so ‘n mate dat dit vir die leser mag voel dat hy in die Bybelse verlede inkyk en ‘n bekende gesig — miskien sy eie? — na hom sien terugstaar. F.A. Venter herskep die bewind van Agab met die gesag en oortuiging van iemand wat diep nagevors en nagedink het.

Hy toon Agab as ‘n man wat verslinger word tussen die ou Israelitiese waardes en die afvalligheid van sy tyd, waarin sy heidense vrou, die skone en geslepe prinses Isebel, ‘n leidende rol speel. Dit is Isebel wat hom oorreed om ‘n tempel vir Bag te laat bou, sodat elkeen sy eie godsdiens kan beoefen; dit is sy wat dit so bewimpel dat die profete van die Here uitgeroei word, dat Nabot en sy seuns gestenig word sodat die koning op sy wingerd beslag kan lê.

Maar teenoor die lis van Isebel staan die skraal profetiese figuur van Elia, hy met die onpeilbare oë, wat die groot droogte oor Israel voorspel, die profete van Ba2 in ‘n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis spreek. Daar is ook Obadja, hoof van die paleis, maar ‘n geloofsmens wat in die stil-ligheid vir God werk, en die ambisieuse leërowerste, Jehu, wat die instrument word om die profesie oor Isebel se einde te bewaarheid.

Die koning se wingerd is nie alleen die verhaal van die afvalligheid en uitdelging van die huis van Agab nie; dit vertel ook van die wynboer Nabot, godvresend, maar tog nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Nabot se seun Johanan vir Ada, die dogter van hul Kananitiese en daarom heidense dienskneg, Sabad — ‘n liefde wat weinig hoop op vervulling het. Die skrywer slaag daarin om die botsende magte so teenoor mekaar op te stel, en met fyn besonderhede die vervloë atmosfeer so onmiddellik op te roep, dat een van die aangrypendste hoofstukke in die Bybelse geskiedenis vir die Ieser ‘n meevoerende en suiwerende belewenis word.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans