Die Heidendogters Jubel – Riana Scheepers

R40.00

Toestand: Redelik
Formaat:  
Sagteband
Bladsye: 140
Uitgegee: 1995 Tafelberg Publishers Ltd
ISBN: 9780624033813

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.
SKU: MA040 Categories: , , Tag:

Description

Buite het die peloton met liek-lakke wegmarsjeer. Ek kon die staalkaste ruik. Asof hulle ‘n soort staalsweet afgegee het. Dit was warm. Warm met ‘n hitte van ou, opgedamde son en sweet wat al jare lank in ‘n bedompige vertrek versamel. Ek het bly lê, die koelte van die vloer deur my maag en in my borste probeer opsuig.

Ek wil niks met die army te doen hê nie. Ek is nie hierby betrokke nie. Dis die regering se oorlog, dis die mans se oorlog, los my uit …

Só reageer Nina, die rebelse jong meisie wat ‘n week lank in ‘n weermagkamp gevange sit as luitenant Niemann se “wip”. In die nagte is hul minnaars, verken hulle die slagveld van die lyf. In die dag probeer sy desperaat deur haar verbeeldignsvlugte uit die kloustrobofiese ruimte van die kamer ontsnap. Sy het deel geword van ‘n onverbiddelike weermag-opset.

In hierdie week van ontdekking leer Nina die ander “wippe” in die kamp ken. En ook haarself, as die onrustige weerkaasting in ‘n spieël. En sy begin wonder oor die vroue van die vyand, die dogters van die heidene wat jubel oor elke kryger wat val. Dit word uiteindelik ‘n soektog, ‘n oorwinning en ‘n jubeling oor haarself en haar vroulikheid.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans