Description
’n Teer maar onsentimentele blik op die geleidelike aftakeling van ’n jong man wat ly aan skisofrenie. Deur die skrywer van Die ryk van die rawe. Phillip is ’n skilder met een uitstalling agter die rug. Om den brode begin hy by ’n finansiële instelling in Bellville werk. Naweke neem hy die trein na die middestad om sy kunstenaarsvriende te besoek. Een oggend op die trein besef hy dat mense hom met agterdog bejeën. Ook sy buurman het ’n vendetta teen hom en daar is ’n reuk in sy woonstel wat hom telkens oorweldig.







