Description
Dis die verhaal van Smerski, ‘n Portugese taalkenner. Maar hy is emer as taalkenner: hy is minnaar met ‘n Suid-Afrikaanse verlede. Sy geliefde, Isabel, is ‘n skoonheid wat hom herinner aan die Isabel in Goya se bekende skildery. Wanneer Isabel toevallig ontdek dat Smerski ‘n uitskietmes met hom saamdra, begin sy wonder oor sy verlede en terwyl hulle reis deur ‘n bergagtige deel van Portugal dwing sy hom met haar vrae om stelselmatig alles te onthul wat hy tot nog toe probeer verdoesel het: eers die verhaal van ‘n Smerski gebore in Mosambiek en wat gaan soek het na sy pa in die olievelde van Cabinda in Angola, om dan later in Portugal te beland. Dan die tweede verhaal wat nog dieper weggesteek is. ‘n Smerski wat in Suid-Afrika gebore is, ‘n Afrikaner wat in die SA Weermag was tydens hulle invalle in Angola.






