Wat ek van klippe weet – Jan Wagner (Vertaler: Robert Schall)

R50.00

Toestand: Soos nuut
Formaat: Sagteband
Bladsye: 241
Uitgewer: 2021 Naledi
ISBN: 9781928530633

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.
SKU: AM212 Categories: , ,

Description

Gedigte van Jan Wagner (gebore 1971), die veel bekroonde en by die leserspubliek waarskynlik die gewildste hedendaagse Duitse digter, verskyn nou vir die eerste keer in Afrikaanse vertaling.
Uniek in Afrikaans bevat hierdie enkele bundel vaste digvorms soos die sonnet, kwatryngedig, Sapfiese strofe, sestina, tersine, villanelle, haikoe en rondeel, maar ook die vrye vers en prosagedig.
Uniek is ook dat die Afrikaanse vertalings Wagner se omvangryke en speelse gebruik van tradisionele rymvorme, maar ook ongewone rymvorme soos die skuinsrym, pararym en anagramrym weergee.

Robert Schall is in Duitsland gebore en het daar groot geword. Hy het aan die Universiteite Karlsruhe (Duitsland) en Kaapstad gestudeer, en was Professor in Wiskundige Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat tot sy aftrede in 2018.
Hy het GR von Wielligh se Boesmanstories in Duits vertaal as Die Sterne sind glühende Kohlen und Asche, gepubliseer in 2005. Sy vertalings van Afrikaanse gedigte in Duits en Duitse gedigte in Afrikaans het in die letterkundige tydskrif Stilet en op versindaba.co.za verskyn. Hy het Jan Wagner se gedigte vertaal as deel van ‘n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans