Description
aan my, laat my tog in my skemer
ten slotte dit bely: sonder jou aanraking
bly liefhê grieks vir my.
Met ‘n klassieke beheersing skryf Jan Swanepoel in die toonaard van Catullus elegieë oor geliefdes en die land wat hy haat én liefhet. In hierdie versameling beleë verse versoen hy diepte van emosie met helderheid van segging.









