Description
Ligdans is ‘n titel oor depressie. Die skryfster, ‘n vrolike tydksrifjoernalis, vertel hoe sy in ‘n verskrikkende, donker maalkolk van depressie beland het. Met genade van Bo, ‘n diep geloof, mediese hulp en haar geliefdes se bystand kon sy mettertyd egter weer met passie begin leef. Sy verweef haar eie rou maar ook hoogs inspirerende verhaal met die vertellings van 16 ander Suid-Afrikaanse depressie-vegters wie se ouderdomme, beroepe en geloofs- en lewensfilosofiee verskil, maar almal openlik erken (sommige vir die eerste keer) dat hulle teen depressie veg. Uiteindelik word hulle klopdans van wanhoop egter ‘n hoopvolle dans in die lig – maar sonder dat hier oppervlakkige en onoortuigende oplossings opgedis word.









