Description
Dieter en Krynauw, twee graadsewes, beland in die kloue van Madame Zenobia, toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool. Maar Zaanlie en haar vriendinne is ook op die spoor van die dief en eintlik meer in die pad as van hulp. Hulle beleef angswekkende oomblikke en moet amper vir Sydney, Dieter se babaskilpadjie, opoffer. Lekker skerp dialoog, humor en spanning.






