Geloofskatte uit Psalms – Adrio Koenig

R85.00

Toestand: Nuut
Formaat: Sagteband
Bladsye: 308
Uitgewer: 2020 Christian Art Publishers
ISBN: 9781431621064

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Geen boek het so ’n verskeidenheid temas, so ’n rykdom geloofsperspektiewe, so ’n magdom probleemsituasies om ons te help in ons eie omstandighede, en soveel vreugdesituasies om ons te leer wat blydskap in die Here is nie as die Psalms.
In Geloofskatte uit Psalms deel bekende teoloog-skrywer Adrio König sy insigte oor die psalms deur te kyk na die verskillende tipe psalms en hoe dit vandag nog iets vir ons kan beteken. Enkele psalms wat bespreek word, sluit in psalms oor Jerusalem (bv Ps 46, 47, 121, 132), persoonlike en volksklaagliedere (bv Ps 3, 5, 6, 44, 74, 79, 80), boetpsalms (Ps 6, 32, 38, 51, 102, 130, 143), en die Koningspsalms (bv Ps 47, 82, 93, 95, 99).
Met die lees van Geloofskatte uit Psalms sal lesers ontdek hoekom die Psalms as een van die troosrykste Bybelboeke in die Skrif, en ’n bron van oneindige geloofsverryking beskou word.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans