Description
Anahita het as ‘n Boesmanmeisie by haar ouma in die Kalahari grootgeword. Haar hoerskooljare het sy in Kaapstad by haar Moslem-pa en Boesman-ma deurgebring en uiteindelik word sy ‘n kliniese sielkundige met die hulp van haar Duitse minnaar en latere man, Siegfried. Haar ouma het haar oeroue Boesmanverhale vertel, op laerskool in die Kalahari leer sy die Bybelse verhale ken, haar pa lig haar in oor Islam, haar Duitse minnaar bring haar op die hoogte van die Germaanse en Noorse mites en sages, en op universiteit maak sy kennis met Freud en Jung.






