Die Laaste Sondag – Elsa Joubert

R60.00

Toestand: Goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye:  149
Gepubliseer: 1983 (Eerste uitgawe, eerste druk)
ISBN: 0624022412

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R600.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.
SKU: BRI255 Categories: , , Tag:

Description

Die laaste Sondag is ’n roman wat klaarblyklik in ’n kontemporêre Suid-Afrika vasgevang in geweld en terrorisme afspeel, met die kerk se rol as middelpunt. Op die klein dorpie Oudepos naby ’n grenspos en langs ’n swart gebied word blanke mense vermoor. Tydens ’n besoek aan die grens voer die plaaslike predikant, dominee Wessel Falk, ’n gesprek met ’n jong man, wat ’n halfuur later in ’n landmynontploffing sterf. Die dominee beskou die jong man se laaste woorde as ’n goddelike visie en openbaring en mettertyd ook as goddelike opdrag. Hy verkondig dan aan sy gemeente dat dertig lyke van onskuldige slagoffers van terreur Christus kan terugkoop van die kruis, net soos dertig silwerlinge Hom op die kruis gekry het. Dan kan die vergeldingsleer van ’n oog vir ’n oog weer die genade en vergiffenis van die kruisdood vervang. So word goed teen kwaad en skuld teen onskuld afgespeel en die roman loop op tot die klimaks waar die predikant op die laaste Sondag die dertigste lyk sal ontvang en sy beslissing oor sy vergeldingsleer sal afkondig. Daar is egter reeds in die verhaal aangetoon dat geeneen van die slagoffers werklik onskuldig was nie. Dit is veral die kerk se rol in Suid-Afrika wat in die roman onder die loep kom, veral waar dit die Ou Testamentiese waardes van ’n oog vir ’n oog stel teen die versoeningsdood van Christus, en vergelding teenoor die liefdesgebod. (Wikipedia)

Additional information

Taal / Language

Afrikaans