Die Stoetmeester – Etienne van Heerden

R80.00

Toestand: Baie goed
Formaat: 
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 325
Uitgegee: 1993 Tafelberg
ISBN: 9780624032281

2 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

God sou nooit so ‘n spesie bedink nie,” sê Seamus Butler van sy kantelbokke, die genetiese frats wat sy vader toevallig geteel het op die Setlaar-familieplaas.

Die bokke het ‘n aangebore defek wat goud werd is: hulle slaan flou neer as hulle skrik. ‘n Enkele kantelbok wei saam met ‘n trop kleinvee en as ‘n ongedierte toeslaan, word die bok prooi en die kudde ontkom. Hulle, die weemoedige bokke met die spottende geel oë, gee die Butlers rykdom en invloed in die Oos-Kaap – en dis belangrik in die tyd van die groot politieke ommekeer.

Want die oopbars van ‘n oliebron reg in die middel van die hawestad Port Cecil dryf die swart civic-organisasie se aandrang op ‘n verenigde stadsraad op die spits. Aan die voorpunt van die swart aspirasies staan MaNdlovu Thandani, onvernietigbaar en groter as lewensgroot. Teenoor haar: Seamus Butler met sy donker; depressiewe buie wat in hom sleur soos die rivier wat in sewe deltabene deur die stad in die see uitmond. En rondom hulle, in twee werelde wat deur die geskiedenis op mekaar afgestuur word, is elkeen se familiekring wat dreig om mee te gee onder die druk van die tyd.

Dis hier waar die verhaal van Die stoetmeester meesleurend deurloop, deur die lewens van mense, elkeen betrokke by, elkeen uitgelewer aan die boeiende oerwereld van die Oos-Kaap in ‘n tyd waarin skoonheid en wreedheid, gewelddadigheid en hoop verstrengel raak.

Die stoetmeester is, na die satiriese roman Casspirs en Campari’s, veel meer verwant aan die sfeer van Toorberg, Etienne van Heerden se hoogs suksesvolle tweede roman. ‘n Storie soos min, wat opstaan uit die weeige maar grootse landskap van die Kei.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans