Description
Die Groot Afrikaanse Kersboek, saamgestel deur Nakkie Louw en Winnie Schumann, is ’n besondere versameling Kersfeesleesstof en aktiwiteite vir die hele gesin. Hierdie publikasie uit 1963 bring ’n verskeidenheid Afrikaanse en Engelse Kersverhale, musiek, gedigte, handwerk en resepte bymekaar.
Die boek bevat onder andere die bekende verhaal Die Kleinste Engeltjie, ses bladsye musiek en liedjies saamgestel deur Jan Bouws, idees vir Kersboomversierings en handwerkprojekte vir kinders. Daar is ook Kersresepte deur Kotie van der Spuy, artikels deur Audrey Blignault en gedigte deur D.J. Opperman.
Met bydraes vir verskillende ouderdomme bied hierdie boek idees en inspirasie om Kersfees as gesin te vier. ’n Besonderse ouer Afrikaanse publikasie wat steeds nostalgiese waarde het.
Toestand: Redelik– die bladsye toon vergeling met teenkantverkleuring op die skutblad. Die stofomslag toon verweer en daar is ’n naam voorin die boek geskryf.













